Irma Venter is 'n joernalis by 'n mediamaatskappy in Johannesburg, waar sy in handel en nywerheid spesialiseer. Sy fokus meestal op die motorbedryf. Sy het al verskeie toekennings gekry, onder andere drie Pica-toekennings as handel- en nywerheidskrywer van die jaar. Haar eerste roman, Skoenlapper (2012), is met die ATKV-prys vir spanningslektuur bekroon. Haar tweede roman, Skrapnel, het in 2013 verskyn. Reis is haar passie, en sy het al ongeveer 30 lande besoek. Sy werk hard daaraan om die syfer so vinnig as moontlik te laat styg. Mongolie, San Francisco en Mali is nog op haar lys om te verken...