ISBN-13: 9781499721911 / Afrikaans / Miękka / 2014 / 280 str.
Waar is my tiekie? Tog snaaks dat ek eers aan die einde van die reis moes kom om die begin te kon sien. 'n Pad wat nooit eindig nie en waar daar net gestop is as dit reeds te laat was en ek klaar, karsiek, opgegooi het. 'n Pad gedeel met baie. Ek moes eers vyftig word voordat ek die pad vorentoe kon lees. Die pad tot op vyftig was interessant. Die pad na vyftig 'n ondervinding en ervaring. Altwee paaie was en is grondpad; ek is bly. Oud-Suidwester ken van grondpad ry. Die mense wat tot op vyftig saam met my gery het, kon nie altyd by hou nie. Almal ry nie dieselfde pad nie; daar is afdraaipaadjies en stalletjies. Vir Damaskus donkies kan mens ook nie altyd stop nie. Dit leer mens egter eers later. Party mense leer dit nooit nie. Daar is aan die einde van die dag (of is dit nou aan die einde van die pad?), meer as net huise en geld. Erens langs die pad stop mens vir jouself. Erens langs die pad laai mens jouself op. Dit maak nie saak hoeveel keer mens stop of hoeveel afdraaipaadjies mens volg nie; al die paadjies kom weer terug op die hoofpad. Al die paadjies bring jou terug na jouself. Erens langs die pad laai mens jouself op..."