Drie van Ena se gunstelingverhale in haar laaste omnibus: In Sonneblomstraat 7 bied 'n sopkombuis se bedrywighede vir Wanya 'n veilige hawe, maar alles verander wanneer haar man uit die tronk vrygelaat word. In Die uurglas loop leeg word Karien se man ernstig beseer en vind sy dat sy hunker na nie net een nie, maar twee dokters. En in Die dae van ons nietigheid is Lizl en Willem, twee mediese topstudente, voortdurend in wedywering met mekaar. En die liefde hou nie van kompetisie nie . . .
Drie van Ena se gunstelingverhale in haar laaste omnibus: In Sonneblomstraat 7 bied 'n sopkombuis se bedrywighede vir Wanya 'n veilige hawe, maar alle...
In Eensaam op Wegdraai besef die tweeling Bokkie en Tokkie hulle sal 'n blink plan moet smee as hulle nie juffrou Huizeman as hul nuwe ma wil he nie. Die oplossing: hulle soek eerder self 'n moeder so na hul hart. En die aangewese plek is Soek en Vind, tydskrifhoekie vir eensames. In Verworpe silwer fuif Louis Mocke op sy eerste huweliksnag saam met sy vriende in die hotelkroeg. Was sy erfporsie tog die lokaas vir sy blitshuwelik met Santie Marais? En jaag sy broer, Darius, net spoke op wanneer hy haar waarsku om haar goed te vat en te loop? En in Wag-'n-bietjiebos van die liefde ondersoek...
In Eensaam op Wegdraai besef die tweeling Bokkie en Tokkie hulle sal 'n blink plan moet smee as hulle nie juffrou Huizeman as hul nuwe ma wil he nie. ...