ISBN-13: 9781499686463 / Afrikaans / Miękka / 2014 / 48 str.
ISBN-13: 9781499686463 / Afrikaans / Miękka / 2014 / 48 str.
Indien u 'n slagoffer of oortreder van molestering, verkragting en/of pornografie is, moet u beslis hierdie boek lees. Dit kan met enige persoon van enige ouderdom, geslag, klas, nasie en ras gebeur. Gewillige seksuele oortreding soos owerspel, prostitusie en pornografie is van die oudste sondes wat aan die mens bekend is - prostitusie word gereken as een van die oudste "beroepe" in die wereld. Vanuit dit, het molestering en verkragting voortgespruit wat onder geweldsmisdaad sorteer. In ons moderne era, met al die organisasies, wette en strawwe wat in plek is om sulke oortreders mee te straf, is dit aan die toeneem, veral a.g.v. van die internet. Dit is een van die enkel grootse oorsake vir die toename in veral kinder handel, verkragting en molestering. Gereeld word wereldwye sindikate oopgevlek wat hierby betrokke is, wat gesiene mense in die samelewing insluit. Net soos dwelms, raak baie mense - nie net mans - verslaaf aan hierdie misdryf en kan hulself, in die meeste gevalle, nie beheer nie. In hierdie boek, ontbloot ons die kern van hierdie misdryf wat die mens hieraan verslaaf maak. Die skriftuurlike kennis van die waarheid maak vry, so ook in hierdie verband. Elke slagoffer van hierdie wandade, sal verstaan hoe om waarlik vry te raak en in geestelike oorwinning te leef."