Vicky is Hendrick Bergh se derde roman. Stefan slaan terug, ook 'n jeugroman, is twee jaar gelede vrygestel en word steeds by verskeie hoerskole in Suid-Afrika landwyd as 'n voorgeskrewe boek in Afrikaans gebruik, asook sy tweede roman, Die Kinderdief. Jath van der Westhuizen, 'n lewensafrigter, is 'n kenner op die gebied van lewensvaardighede en die toepassing daarvan. Met Vicky - 'n Reisdagboek, bied hy hulp aan vir jongmeisies wat met Vicky of Pippie se lewens kan assosieer. Hy is ook die skrywer van Die Kinderdief se Lewensgids.