Francois Smith verdien sy brood en botter as uitgewersredakteur, maar as hy die geringste kans kry, skryf hy eerder sy eie werk. Van sy verhale het in die bloemlesings Bloots, Kosblik en Skarlakenkoors verskyn; sy vertaling van David Kramer: 'n Biografie is met 'n Sala-letterkundeprys bekroon. Hy en sy gesin woon in Wynberg, Kaapstad, maar eintlik kom hy van die Vrystaat. Hy het 'n Ph.D. in die letterkunde van die Universiteit van Kaapstad en as hy nie skrywers soos Dan Sleigh, P.G. du Plessis en Elsa Joubert help om hul manuskripte te vervolmaak nie, tree hy as gasdosent in die letterkunde op...