Terence McCarthy is 'n Professor in Minerale Geochemie aan die Universiteit van die Witwatersrand. Hy het 'n wye navorsingsbelangstelling in die aardwetenskappe, waaronder ekonomiese en omgewingsgeologie, geochemie en geomorfologie. Hy is 'n voorste kundige in die geologie van vleilande (veral die van die Okavango Delta in Botswana) en mede-outeur van die hoogaangeskrewe boek, The Story of Earth & Life.