C.J. LANGENHOVEN Cornelis Jacob Langenhoven (13 Augustus 1873 - 15 Julie 1932) was 'n Suid-Afrikaanse skrywer, koerantredakteur en politikus wat 'n ontsaglike groot rol in die Afrikaanse literatuur- en kultuurgeskiedenis gespeel het. Hy het onder die name C.J. Langenhoven en Sagmoedige Neelsie geskryf. Langenhoven is in Hoeko, Ladismith gebore en later verhuis hy na Oudtshoorn waar hy naderhand die dorp se mees bekende inwoner word. In die jaar 1893 begin hy in Stellenbosch in die regte studeer en later bekwaam hy hom as advokaat. Mettertyd verander hy van beroep en gaan oor tot die joernalist...