Karsten het die ATKV-Prosaprys vir sy debuutroman, Frats, gewen in 2008 en die ATKV-prys vir Spanningslektuur vir Seisoen van sonde in 2010. In 2011 wen Chris beide die ATKV-Prosaprys en die ATKV-Prys vir Spanningslektuur vir Abel se Ontwaking. 'n Man van min belang (2013) was naaswenner in NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse romanwedstryd. Karsten is 'n ervare oudkoerantman (Beeld, Volksblad en Rapport) en skrywer van kinderboeke, sowel as 'n Ware misdaad-reeks. 'n Film gebaseer op Abel se ontwaking word einde 2014 vrygestel. Hy woon deesdae in Kanada saam met sy vrou en sy seun.