Henning J van Vuuren het na skool aan die Universiteit van Pretoria in die regte studeer. Daarna sluit hy hom by die Suid-Afrikaanse Polisie aan, waar hy 'n offisier word. Hy bekwaam hom later as prokureur, maar sy passie vir skryf laat hom 'n kursus in Kreatiewe Skryfkuns en Joernalistiek loop. Hy het ook as joernalis vir Laevelder in Nelspruit gewerk. Etlike kortverhale uit sy pen, in Afrikaans sowel as Engels, is op Litnet gepubliseer, en hy was in 2009/2010 een van die top-vyf in Tafelberg/Sanlam se Jeugromankompetisie. 'n Geldelike bydrae deur die Departement van Kuns en Kultuur het die s...