Duncan Butchart is 'n natuurkenner, illustreerder en fotograaf wat in 11 Afrika-lande as spesialis in ekotoerismekommunikasie gewerk het. Hy is die skrywer van talle artikels en boeke oor Afrika se natuurlewe, onder meer Wildlife of the Okavango, Wildlife of the Cape Peninsula en Wildlife of the Lowveld.