Rynette Farrar is gebore op 1 Augustus 1966 in Alberton, 'n dorp suid van Johannesburg. Sy is die jongste van twee dogters gebore van Jan en Joey Pelser. Sy en haar suster Lynette word dikwels aangesien vir 'n tweeling. Haar laerskool loopbaan was voltooi by Laerskool Randhart in Alberton en haar hoerskool loopbaan by Dr Malan in Meyerton. Tydens haar hoerskool loopbaan skryf sy verskeie verhale wat sy vir geselekteerde vriende gee om te lees. Na skoolopleiding het sy 'n kursus in boekhouding gevolg. Tydens haar eksamens by Wits Universiteit verwerf sy die AG Jansen prys vir Kommunikasieleer.