Wilna Adriaanse het op Worcester grootgeword en skoolgegaan, en sy voltooi daarna haar studies op Stellenbosch. Sy is getroud met Deon Adriaanse en is ma van drie seuns. So tussendeur haar swangerskappe studeer sy sielkunde deur Unisa. Sy is verslaaf aan lees en aan skryf. Met Rebecca, Met ander woorde, Die boek van Ester, Vier seisoene kind en 'n Klein lewe het Wilna wegbeweeg van die tradisionele liefdesverhaal. Hierdie verhale met hulle komplekse karakterisering en verwikkelde storielyne het topverkopers geword en haar leespubliek sterk uitgebrei.