ISBN-13: 9781497327771 / Afrikaans / Miękka / 2014 / 218 str.
Die jong koerantbaas op Phalaborwa, Adriaan Ferreira, het baie hooi op sy vurk. Hy het aanvanklik gedink sy koerant, Bosveld Nuus, gaan 'n rustige lewe tot gevolg he. Want hoe moeilik kan dit nou wees om oor sportbyeenkomste en troues te skryf? Maar die amateur joernalis sit die pot heeltemal mis. Eers word 'n swart meisie noodlottig in 'n tref-en-trap beseer en daarna volg 'n grusame moord. Twee uiteenlopende gebeure, wil dit voorkom, maar die gerugte op die dorp vertel 'n ander storie. En gemoedere loop hoog. Gooi by hierdie onstabiele situasie ekstreem konserwatief-christelike sienings, 'n Portugees wat met wapens smokkel, 'n verhouding met die verkeerde vrou en 'n vriend uit Adriaan se verlede wat ou spoke opjaag en jy het 'n kruitvat wat wag om te ontplof. Adriaan sit dalk op die grootste - maar ook die gevaarlikste storie van sy kort joernalistieke lewe. En hy is beslis nie toegerus vir die een nie. Wat jy sien, is nie altyd wat jy kry nie."